"Seun in Vyeboom" deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #21459] |
Ma, 01 Maart 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SEUN IN VYEBOOM
Ernst van Heerden
(Teenstrydige liedere, 1972)
"Plesier my nou
en gaan pluk
die adamsvye,"
beveel Ouma
tussen rituele van seepkook,
bak-vir-die-basaar en biltong-sny;
en ek drentel
verveeld werf toe
en klouter dikbek
teen die knoestige takke op,
my mandjie leeg
en uitnodigend;
sien
die ryp, gebarste vrugte
druppeltaai
teen dofgroen blare nestel:
borsies,
dytjies,
spleetjies -
van nou die dag
se klein ontdekkingstog.
|
|
|